Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

Die Groot Vigs Leuen

 

 

Ek hoop dat u nou al iemand ontmoet het wat vigs het?

 

Ek moet dat ek niemand ken, (persoonlik) wat vigs het of wat dood is aan vigs nie. Op die 1ste Desember 2011 het daar ’n berig in beeld verskyn, waarin hulle die jongste sterfte-syfer van vigs weergee.

 

Sien meegaande Grafiek:

 

Woorde soos “waarskynlik is vigs nog die grootste oorsaak van dood", word in die artikel gebruik omdat hulle nie definitief wil of kan nie. Hulle hou altyd die agterdeur oop. Soos om van “kenners” te praat en nie van spesifieke mense nie.

 

In 2005 het die dept. van Statistiek heeltemal ander syfers uitgegee. Dit is duidelik dat die nuwe syfers met ten minste 58,000 sterftes na bo aangepas is vanaf 1997.

 

Die rede vir die aanpassings is dat die sterfte syfer geleidelik moes styg omdat niemand ’n grafiek sou glo wat in een jaar ’n sprong van 200,000 sou aandui nie.

 

Nou kan ons tereg vra waar het hierdie groot sterftesyfer vandaan gekom?

 

Na 1994 het daar ’n groot immigrasie van mense van die tuislande na die ses groot ontwikkelings gebiede plaasgevind.

 

T.B.V.C. Lande

 

Bobututwana, Ciskei, Transkei en Venda was tuislande wat deur die N.P daar gestel was om as eie lande vir die verskillende swart volke te dien.

 

Nou het hulle na die nuwe SA gestroom en plakkerskampe het soos paddastoele gerys.

 

Verder het die ANC ons grense oopgegooi en daar word vermoed dat daar 8 miljoen onwettige immigrante in SA is.

 

Nou was daar ’n verhoogde sterfte syfer en die eerste keer het die sterftes plaasgevind in ’n

“Beskawing” wat die sterftes aangeteken het sodat statistiek SA die inligting kon bekom.

 

In die TBVC lande was sterftes en geboortes nooit gereeld aangeteken nie en geen data is daarvoo r beskikbaar nie.

 

Daar is ’n goue rl dat daar in enige bevolking 7 mense per 1000 per jaar sterf aan siekte en ouderdom.

 

D.W.S., in lande wat ’n konstante oumens, jongmens en kindergetalle het.

 

Hierdie rl geld glad nie waar daar ’n instroming van groot mense is nie omdat dit ’n totale versteuring van die bevolking veroorsaak.


 

Volgens die goue rl sou SA met 45 miljoen mense in 2009,  315,000 natuurlik sterftes gehad het. (7per 1000)

 

Statistiek SA beweer die syfer is 572,673 vir 50 miljoen en dit gee ons 11 mense per 1000.

 

As ons dit as waar aanvaar dat daar 8 miljoen onwettiges is, dan is daar 56,000 extra sterftes per jaar wat nie verklaer kan word nie.

 

Die vigs Aktiviste skree ten hemele dat hierdie verhoogde syfer as gevolg van vigs is maar hulle lieg soos altyd oor die sogenaamde vigs Pandemie.

 

Weet u wat ’n Pandemie is?

 

U sal dit nie in die ou woordeboeke vind nie maar u weet seker wat ’n Epidemie is.

’n Epidemie is lokaal en ’n Pandemie Internasionaal.

’n Pandemie is baie erger as ’n Epidemie maar nogtans ontmoet ons nie mense met vigs nie en dit ten spyte dat SA beskou word as die land met die hoogste vigs syfer.

 

Weereens kan ons net dat hierdie geldmaak skema net daar is om kondome te bevorder sodat ons, ons nageslag moet vermoor.

 

Ek sien dat Helen Zille ook ingespring het om ons nageslag te vermoor. In Indië het hulle, (die World

Health Organization) mense betaal om mans na klinieke te lok om hulself te laat steriliseer.

 

Nou betaal Helen Zille en haar DA party mense om hulself te laat toets vir vigs. Hierdie toetse sal  die sogenaamde positiewe syfer opstoot omdat daar miljoene dronkaards en druggies is wat positief sal toets.

 

Drankmisbruik en die gebruik van dwelmmiddels veral onder die gay gemeenskap is ’n groot rede vir die sogenaamde positiewe uitslag van bloedtoetse.


 

 

 

Coen Vermaak

Boerestaat Party

 

Artikels Argief