Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

Persverklaring

 

Die skorsing van Julius Malema het geen doel nie en het niks opgelos nie. Die ANC skors hom omdat hy onenigheid tussen die ANC veroorsaak het.

Wat is die onenigheid?

Dit is dat hy in die openbaar verkondig dat Boere doodgemaak moet word en die ANC wil dit nie so “blatant” uitblaker nie.

Dan wil Julius die Myne Nasionaliseer en weereens wil die ANC dit nie so blatant uitsaai nie. Verder wil Julius Malema Botswana se regering omvêr gooi en hom vervang met ’n “despoot” soos Mugabe.

Weereens is die ANC kwaad omdat Malema dit so blatant uitsaai, maar let wel die ANC het nie gesê dat hul hulself van sulke uitsprake distansieër nie.

Nee, hulle gaan hof toe vir die reg om te sing “Kill the Boer”.

Die Boerestaat Party is baie jammer dat Malema geskors is.

Malema het baie ondersteuners en hy moet toegelaat word sodat die konfrontasie wat hy so graag wou hê, kon plaasvind.

Die boere is reg vir Malema, hierdie lafaards wat ou mense en vroue aanval terwyl hulle slaap is juis die uitvaagsels wat Malema steun.

Die ANC kry dit ook nie reg om ons boere bang te maak nie. Wag tot ons begin sing dan is die grap verby.

 

Coen Vermaak

Boerestaat Party

 

 

Artikels Argief