Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

INLIGTINGSTUK  NO.26

Diskriminasie 2013

My ou Volkie het met oop o in 1994 agter die Judasbok de Klerk aangeloop en alles vir soetkoek opgeet.

Kan mens glo dat jy stel n Prokureur aan wat geleer word om te lieg as jou Staats President en dan glo jy wat hy s.

Vrede, Voorspoed en Veiligheid was die N.P se slagspreuk vir die nuwe Suid-Afrika.

Veiligheid is definitief by die venster uit, aangesien 10 duisend volksgenote jaarliks vermoor word.

Voorspoed kan glad nie genoem word nie waar 35% sonder werk sit.

Vrede kan nooit plaasvind waar Diskriminasie nog deel is van ons daaglikse lewe nie.

Diskriminasie deur die Regeerders word baie keer subtiel toegepas sodat niemand die hele prentjie raaksien nie.

Hier is twintig voorbeelde waar die swartes teen wittes diskrimineer.

1) In die Staat se tender dokumente word daar nou na Non Blacks verwys om hulle te identifiseer. Onthou u nog die Nie Blankes?

2) BEE is n blatante wyse om Wit besighede te benadeel. Pryse en diens is nie meer van toepassing nie.

3) Deur inligting van n Volk te weerhou is sekerlik die grootste vorm van Diskriminasie omdat so n Volk nie kan beplan nie.

Geen Statistiek bestaan oor ons geboortes, sterftes, aborsies, Graad 1, Matrieks of Universiteits- getalle nie.

4) In skole word eensydig geskiedenis geleer en ons eie geskiedenis word ge-ignoreer.

5) Polisie daag eenvoudig nie op as mens hulle bel na n misdaad toneel toe nie.

Hulle het baie verskonings soos voertuie wat se wiele of batterye pap is.

6) Wit mense word elke dag vermoor deur die inheemse.

7) Die taal word gereduseer na die laagste plek moontlik en alle amptenary weier om enige Afrikaans te praat.

8) Dorpe en Stede met geskiedkundige name se name word verander sonder enige konsultasie.

9) Standbeelde word verwyder en begraafplase word geplunder.

10) Afrikaanse skole word geteiken om Engels as voertaal te gebruik en dan oorstroom die swart kinders die skool.

11) Verkeerspolisie teiken Wit Vroue en pers hulle af om omkoopgeld langs paaie te betaal.

12) Plaasboere se plase word afgevat en aan plakkers uitgedeel.

13) Wit begrafnisse kry nie meer begeleiding na die begraafplaas nie.

14) Wit mense word sonder genoegsame redes ge-arresteer en as die Polisie hulle moet vergoed vir onwettige arrestasie dan doen hulle dit met ons belasting geld.

15) Wanneer Afrikaanse flieks wys word Engelse byskrifte as voetnotas geplaas maar dit word nie andersom gedoen nie omdat dit irriterend is.

16) Wit mense word in geen belangrike Pos in Munisipaliteite, Staat en Polisie aangestel nie.

17) Hulle sorg dat  wit mense pakkette vat om plek te maak vir hul swart vriende en familie.

18) Die belasting betalers ( 90% wit) se geld word gebruik vir swart opvoeding soos skole, universiteite en beurse.

19) Waterregte en Mineraalregte word eenvoudig van Wit Boere en grondeienaars weggevat deur wetgewing.

20) Wit vroue word uitgeskop en swart vroue word in hul plek aangestel omdat wit vroue nie meer as punte tel op hul BEE Score-card nie.

 

En dink u dat hierdie Diskriminasie daar gaan ophou?

Ek dink nie so nie. Terwyl daar wit mense is wat het en swart mense is wat wil h sal hierdie Diskriminasie aanhou.

Wat hou die toekoms vir ons in wat Diskriminasie aanbetref?

Daar sal n volhoubare aanslag wees om alle wit mans en vroue uit die werksplek te dwing.

Moenie dink dat u ondervinding of kwalifikasie u gaan help nie.

Daar was n goed ge-oliede Staatsdiens, polisiemag, weermag, lugmag en vloot en alles is op die rotse omdat die met ondervinding en kwalifikasies weggejaag is.

In Zimbabwe s Mugabe dit sommer prontuit.

Dit is vir hulle beter om in armoede te verval as om wit mense in hul land toe te laat.

Zuma  neem die wit mense kwalik omdat hulle die beskawing hierheen gebring het.

   

En nou vir die Goeie Tyding.

Wanneer die ander Volksgenote in ons kraal ingejaag word sal hulle verstaan wat ek al dertig jaar gelede verstaan het.

Diskriminasie teen ons kan ons net nader aanmekaar bring en dit veroorsaak samehorigheid en liefde teenoor mekaar.

Ons sal dan begin om net met ons eie arbeid te werk.

Ons sal met ons eie ondernemings handel dryf.

Ons sal ons eie produkte maak.

Ons sal ons eie sekuriteit, polisiring ens. behartig.

Ons sal ons eie Hospitale oprig.

Ons sal ons eie skole en Universiteite bou.

Ons sal ons eie geloof h.

Ons sal groei, sterk word en oorwin.

 

C. J. B. Vermaak

Leier van die Boerestaat Party

 

 

 

Inligtingstukke