Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

INLIGTINGSTUK  NO.19

AS JY MIN IS, IS DIE REG NIE AAN JOU KANT NIE

Dit is vandag algemene nuus dat Robert Mugabe die wit boere se plase afvat EN vir die sogenaamde ďVryheidsvegtersĒ gee.

Ek wil vir u ín ware gebeurtenis skets wat in 1978 in Rhodesia, nou Zimbabwe gebeur het.

 

Daar was ín plaas aanval deur Robert Mugabe se terroriste en die weermag van Ian Smit en die Suid-Afrikaanse Polisie, wat diens gedoen het in Rhodesia, het die terroriste, agtervolg.

Hierdie agtervolging het dae aangehou, omdat die terroriste aanhoudend gehardloop het en handgranate en antipersoneel-myne op hul spoor gelaat het om die agtervolgers op te hou.

Die terroriste wou na Zambia ontvlug, maar daar was ín plaas reg in hul pad, waar John Brown, sy mooi jong vrou en sy tweeling dogters van 6 jaar geboer het.

Die veiligheidsmagte het geglo dat die terroriste om die plaas sou beweeg, maar hulle was verkeerd.

Die terroriste het reg op die plaashuis afgepyl en 5 uur die oggend op die werf aangekom.

Die woonhuis was omhein en daar was honde op die werf, maar vir hierdie opgeleide terroriste was dit kinderspeletjies om die slot te breek en die honde van kant te maak.

Mugabe was op daardie stadium woonagtig in Londen maar sy makkers het hul opleiding in Rusland gekry.

Hulle het die huis binnegegaan en Jeanette Brown in die kombuis gekry waar sy vroeŽ-oggend koffie gemaak het.

Hulle het haar as gyselaar geneem en haar man ontwapen. Op daardie stadium het die twee meisies nog geslaap.

John Brown is met draad aan die stoof vasgemaak en toe het die orgie van geweld begin.

Die tweeling is na ín buitekamer geneem en met ín panga, is hul arms en bene op die elmboŽ en knie afgekap.

Jeanette is na die slaapkamer geneem en nadat sy herhaaldelik verkrag was, het hulle albei haar borste afgesny.

John Brown het op daardie stadium ín lag mes deur sy ingewande gehad, wat hulle net so in hom gelos het. Toe hulle die huis verlaat het, het hulle John se maag oopgekloof en toe padgegee.

 

Die veiligheidsmagte het eers agt uur later daar opgedaag.

Die tweeling was dood, hulle het hul doodgebloei maar almal kon sien hoe hierdie meisies magteloos rond gespartel het op die vloer in hul eie bloed. In die huis het hulle die ouers gekry.

John was dood maar sy vrou het nog gelewe. Hulle het haar na die hospitaal gevlieg met ín weermag helikopter maar sy is daar oorlede.

 

Terwyl die veiligheidsmagte hul besig gehou het om Jeanette te probeer red het die terroriste oor die grens ontsnap.

Hulle is nooit gevang nie en is sekerlik deel van die sogenaamde vryheidsvegters wat nou beloon word met die wit boere se plase.

Ek wil afsluit met Genl. Christiaan de Wet se woorde:

 

WeŽ die wat die verlede nie voor oŽ hou nie.

 

C. J. B. Vermaak

Leier van die Boerestaat Party

 

 

Inligtingstukke