Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

INLIGTINGSTUK  NO.11

CHAOS EN DIE PIL

Wanneer n huis se mure kraak en bars en iemand beweer dat dit die vensterrame se skuld is, sal n mens dink dat so n persoon gk is.

Wanneer die mure barste maak is dit tog dom om die stene, of die pleister die skuld te gee.

Ek dink dat selfs die domste mens sal dink dat die probleem by die fondasie van die huis l.

Ons sal dan die fondasie ondersoek en vind dat die fondasie gekraak of gesak het.

Hierdie gebreekte fondasie is dan ooglopend die oorsaak van die krake in die mure.

Maar sal ons dan by die vernaamste oorsaak van die kraak in die muur gekom het?

Nee, daar moet n rede wees waarom die fondasie gekraak en gebreek het.

Dit kan wees dat die fondasie te swak gemaak is.

Dit kan wees dat daar te min sement in die mengsel was.

Dit kan wees dat die grond nooit gekompakteer was nie.

Of die rede is dat die huis se fondasie op klei staan en dat dit die oorsaak is van die gebreekte fondasie.

Verskeie radio stasies het gereeld programme wat handel oor die groot misdaad syfer in Suid-Afrika.

Dan kry hulle sulke siek mense soos Roelf Meyer en Martinus van Schalkwyk om dan hul oplossing van die verskriklike misdaad te gee.

Van Schalkwyk s ons moet Suid-Afrika aan die werk kry.

As almal werk sal niemand steel nie, s hy.

Roelf Meyer s, die staat moet werkskepping veldtogte loots.

Dan voeg hy ewe groot by dat Afrikaners in die 40 jare dit gedoen het en dat die arm blankes daardeur gehelp is.

Die vent voeg nie daarby dat die Afrikaners nooit geroof en gemoor het toe hulle arm was nie, maar dit net terloops.

Die ANC wat so lekker saam steel gee weer Apartheid die skuld.

 

Maar volgens my het ons nog nie die Onderliggende oorsaak van Suid-Afrika se probleem gevind nie.

Waarom kraak die mure?

Waarom kraak die fondasie?

Die staat kan onmoontlik werk skep. n Werkskeppers moet die vermo h om vooruit te dink en te beplan.

Hy moet entoesiasties wees met die moontlikheid van winste in die toekoms.

Hy moet vrsiende wees om probleme die hoof te bied.

Hy moet doelgerig vooruit kan beweeg omdat n besigheid nooit stil kan staan nie.

 

Dit is mos nou duidelik vir alle denkende mense dat hierdie besigheidsmense of Werkverskaffers grotendeels uit die Wit gedeelte van die bevolking kom.

Moet nou net nie s, ja maar die swart mense het nooit die geleentheid gehad omdat ons hulle onderdruk het nie.

Dieselfde apartheids wette was ook op die Indirs van toepassing. Gaan kyk maar wat se sukses hulle van die toestande in Suid-Afrika gemaak het.

Hulle het gefloreer omdat hulle inbors en kultuur gehad het. Hulle het ook verkies om hul eie gemeenskappe te vestig, eie skole en Universiteite.

Om terug te keer na die Werkgewers, dit is nou n feit dat die Wit mense sinoniem is met werkgewers.

Werkgewers moet toegelaat word om te floreer. Hulle moet as helde beskou word en nie belas en beswadder word deur die regering se werk-unies nie.

Maar nou is daar n Wesenlike probleem. Vandat Verwoed en die NG kerk in 1960 toegelaat het dat die PIL vir ons vroue gegee word, het die Wit geboortes elke jaar afgeneem.

Elke jaar is daar minder Wit kinders gebore. Dit het naderhand sulke katastrofiese afmetings aangeneem dat ons toe selfs ons land moet prys gee omdat ons so min mense was.

Dit het veroorsaak dat daar baie min werkgewers bestaan, teenoor die hordes werksoekers. Omdat daar nou sulke grootskaalse geweldsmisdade gepleeg word, verlaat baie mense die land.

Baie van hulle is werkgewers of potensile werkgewers. Dieselfde redes veroorsaak ook dat baie Wit mense nog minder kinders wil h omdat die toekoms onseker is.

Nou behoort dit duidelik te wees dat die rede van die gekraakte fondasie te Min Wit Mense is. Die Boere is besig om hulself uit te roei en dit veroorsaak hierdie wanbalans in Suid-Afrika.

Meyer en Van Schalkwyk kan op hul koppe staan en fluit maar hulle sal die probleem nie oplos voordat daar weer n groot bevolkingsaanwas van Wit mense plaasvind nie en dit lyk onwaarskynlik.

Louis Luyt het ook sy stuiwer in die armbeurs gegooi deur te s dat hy homself gaan be-ywer om misdadigers agter tralies te kry.

Wel ek het nuus vir al hierdie mense.

Misdaad gaan toeneem.

Wit mense gaan die land verlaat.

Wit mense gaan minder kinders kry.

Daar gaan minder werksgeleenthede wees.

Die staat gaan net vir swart mense plek h.

Die staat gaan lomp en onbeholpe word.

Wit mense gaan op groot skaal werkloos word.

Suid-Afrika gaan in chaos eindig net soos Lesotho.

 

Dit is n feit en niemand kan iets daaraan doen nie, behalwe die wit mense self. Hulle het vir 40 jaar hul getalle laat krimp totdat hulle vandag n niksseggende minderheid is.

Hulle moet nou vir die volgende 40 jaar ten minste 6 kinders per vrou kry.

Die volgende geslag sal dieselfde moet doen en dan eers sal ons n balans in Suid-Afrika h tussen werkgewers en werknemers.

U kan nou s dat dit onmoontlik is maar ek s dit is moontlik.

Dit verg net n houdings verandering t.o.v. seks en voortplanting.

Onthou dat elke keer dat u die ou Pilletjie sluk u bydra tot die anargie wat gaan kom.

 

C. J. B. Vermaak

Leier van die Boerestaat Party

 

 

 

Inligtingstukke