Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

INLIGTINGSTUK  NO.10

OORWINNING TEN ALLE KOSTE (WINSTON CHURCHILL)

Reg deur gewelddadige verlede is die verkragting van vroue nooit genoem nie.

Ons geskiedenis boeke beskryf hoe die Voortrekkers se baba’s vermoor is deur hul koppe teen die wa-wiele stukkend te kap.

Die geskiedenis boeke is vol gegewens oor hoe die Boere by Bloukrans en Wenen vermoor is deur die assegaai van die swart Impi’s, maar nooit noem hulle die verskriklike verkragting wat die vroue moes verduur voordat hulle vermoor is nie.

 

Gedurende die Boere oorlog met Engeland is hierdie verskriklike onreg ook nooit genoem nie.

In al die oorloë van die verlede is dit die onskuldige vroue en kinders wat die meeste ly. Bosnia, Tshegoslovakia, is die jongste voorbeelde waar jong vroue wreedaardig verkrag en vermoor is.

In die Boere oorlog leer ons net hoe die Engelse die plaas-huise afgebrand het en die diere doodgemaak het in die verskriklike “(Haulucoust)” teen ons volk.

Ons leer ook hoe die vroue dan deur die veld vervoer of aangejaag is tot op treinstasies waar hulle in oop trokke gelaai is na die konsentrasie-kampe.

Daar was nie toilet geriewe nie en een deel van die trok was daarvoor gebruik.

Die hoofrede waarom die grootskaalse verkragting, nie in die geskiedenis-boeke verskyn het nie, was die feit dat die Boere baie konserwatief was.

Seksuele sake was nooit openlik bespreek nie en die verkragtings was die verskriklikste gebeurtenis in hul lewens.

Hulle verkragtings was in stilte verduur maar die lesers kan terug dink aan mense wie se wonings afgebrand was.

Hulle het nooit uitgewy oor presies wat daar gebeur het nie.

Hulle wou nooit daaroor praat nie, maar dit kan ook ’n rol gespeel het in die hoë kindersterftes in die kampe.

In die Bosniese oorlog het baie moeders hul pasgebore baba’s net so laat lę om dood te gaan. Hierdie baba’s was die vrug van die verkragtings en die vroue wou hulle nie groot maak nie.

 

As mens na die geskiedenis van Skotland kyk waar Engelse die bruide eers verkrag het op hul huweliksnag, dan is dit duidelik dat die Engelse dit ook met die Boerevolk gedoen het.

Met geen beskerming in die oop veld moes grootskaalse verkragting aan die orde van die dag gewees het.

 

In die tweede Węreldoorlog het Japan se offisiere “seksslawe” aangehou in die kampe van Thailand? En Japan moes verlede jaar groot bedrae geld aan hierdie vroue betaal.

In die Boereoorlog moes die kamp Kommandante ook seksslawe aangehou het.

Die Engelse het vishoeke en glas stukke in die vroue se kos gesit om van die bewyse ontslae te raak.

In Engeland word daar nou ’n boek versprei van “Andrew Roberts” waarin hierdie Engelsman beweer dat die Boervroue die vuilste mense op aarde was.

Hy sę dat hulle dood is omdat hulle so vuil gelewe het.

Die feit is dat die Engelse op hierdie manier wil sę dat hulle nooit sulke vuil vroue sou verkrag het nie, maar ons kan die vraag vra oor waar hierdie duisende soldate vir drie jaar seks gekry het.

 

Ek het ’n brief by die Engelse Ambassade laat aflewer en dit is gerig aan die Engelse Hoë Kommissaris Madame A Fort.

In die brief het ek aangedring op ’n Oudiënsie met die Engelse Koningin om die verkragting van die vroue te bespreek.

Ook het ek genoem dat die Engelse 6 biljoen pond moet betaal vir oorlogsmisdade.

Soos verwag kon word, was daar net doodse stilte maar die feit staan vas dat die Engelse ’n groot bydrae gelewer het tot die vernietiging van ons Volk.

 

Die moord en verkragting was die oorsaak dat ons Volk vandag ’n klein minderheid is.

Die oorlog tussen die Boere en die Engelse het nog nooit opgehou nie.

Die Engelse het deur die jare die ANC heelhartig ondersteun deur huisvesting en geld aan hulle te voorsien in Londen.

Die laaste aanslag nou teen ons Volk is dat hulle selfs ons geskiedenis van ons steel.

Ewe skielik is dit nie meer die Boere oorlog nie maar die Suid-Afrika oorlog.

 

Ewe skielik het die swartes gesterf en nie die Boere nie.

 

’n Volk wat nie stryd voer oor sy behoud nie sal ondergaan.

Dit is elke mens se plig om deel te neem aan die behoud van sy Volk en nageslag.

Hierdie plig lę ook op u skouers!!!

 

C. J. B. Vermaak

Leier van die Boerestaat Party

 

Inligtingstukke