Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

Blatante Diskriminasie teen wit besighede

 

Die blatante diskriminasie teen wit besighede is totaal onaanvaarbaar en dit is `n skrynende skande dat die besigheidswęreld nie hul rug reguit maak nie.

Dit blyk dat die meerderheid besighede te papbroekig is om hul stem te laat hoor oor die wetgewing wat hulle dwing om swart mense in hoë poste aan te stel net omdat hulle swart is.

Hierdie toedrag van sake is totaal onaanvaarbaar en die besighede wat daarvoor swig moet besef dat hulle die krokodil voer wat op die ou end hulle gaan verorber.

In Zimbabwe is daar soortgelyke wette waar boere en besighede uitgedryf word sodat hul florerende praktyke vir onbevoegde mense gegee kan word.

Die ANC regering gaan die skroewe al vaster draai om uiteindelik van alle wit mense in Suid-Afrika ontslae te raak.

Hulle siening van vryheid is vryheid wanneer die laaste wit mens of uitgebaster het of die land verlaat het.

Daarom moet besighede nou wal gooi en nie toelaat dat hulle afgepers word om 51% van hul aandele weg te gee nie.

Die sogenaamde “scorecard” van die ANC moet verbrand word soos hulle die pasboeke verbrand het.

Net soos hulle u plase en besighede vat gaan hulle ook u huise vat deur belasting te hef wat niemand kan bekostig nie.

Die Boerestaat Party van S.A verwerp enige diskriminerende wetgewing met die minag wat dit verdien.

 

Artikels Argief