Hoofblad
Robert van Tonder
American Network
Onthou U nog..?
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Doodsberigte
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

 Perverklaring oor Clive Derby-Lewis

 

Die Boerestaat Party het met skok en leedwese verneem van Mnr. Clive Derby-Lewis se sterfte.

Die Boerestaat Party wil hul hulp en bystand aan Mev. Gaye Derby-Lewis oordra.

Mnr. Clive Derby-Lewis was onregverdig tronkstraf opgel oor sy sogenaamde bystand wat hy aan Mnr. Janus Wallus verleen het.

Ons weet en verstaan dat Mnr. Wallus self die besluit geneem het om Chris Hani te skiet en dat Clive nooit enige opdrag of bystand verleen het om Hani te skiet nie.

Mnr. Clive Derby-Lewis was as sondebok uitgesonder om die ANC en die swart bevolking in die bre tevrede te stel met Hani se moord.

Waarskynlik was de Klerk persoonlik verantwoordelik vir Mnr. Derby-Lewis se tronkstraf.

Verder is dit vir enige denkende mens duidelik dat Mnr. Derby-Lewis heeltemal korrek was met sy siening oor die Nuwe Suid-Afrika.

Vandag is die hele Suid-Afrika in chaos en oppad om n rommel status te verwerf.

Daar is geen rede waarom Suid-Afrika anders as ander Afrika Lande sal uitdraai nie.

n Verdere onheil word in Suid-Afrika ervaar waar die grondwet mense beskerm wat geboue afbrand, biblioteke vernietig en ander mense verhoed om te studeer.

Hierdie duiwelse grondwet is deur de Klerk en Mandela opgestel en onderteken en dit is juis dit wat Suid-Afrika gaan vernietig.

Die Boerestaat Party vra nederig omverskoning aan Mnr. Derby-Lewis en sy familie oor die onreg wat teenoor hulle gepleeg is.

Ons sal julle altyd ondersteun en hulp verleen waar julle ookal is.

 

Die uwe

Coen Vermaak

Leier van die Boerestaat Party