Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels
 

Suid-Afrika Adio

 

Suid-Afrika Adio
ANC se verskroeide Aarde beleid

Die Boerestaat Party se beleid is om ten alle tye betrokke te wees by die verbetering en opbou van ons Volksgenote se omstandighede en oorlewing in Suid-Afrika. Daarom is dit nie ons beleid om die regering van die dag aan te val nie, omdat dit geendoel dien nie.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Daar is egter nou `n uitsondering omdat die ANC besig is met `n verskroeide aarde program. Die ANC het `n program geloots om alle uitheemse spesies uit te roei. Plante en bome word hoofsaaklik as hul teiken gebruik omdat dit die minste weerstand bied, maar witmense word ook deur hulle gesien as uitheems en is ook op hul agenda.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Volgens die ANC verbruik uitheemse bome baie water en veroorsaak hulle droogtes (wat natuurlik onsinnig is) Toe die Voortrekkers hier aangekom het was daar in die Transvaal en Vrystaat net grasvelde en baie min bome. Die hoeveld se koue het verhoed dat hier baie bome gegroei het. Hierdie uitheemse mense het dadelik uitheemse bome ingevoer en baie suksesvol aangeplant.

Bome speel `n baie belangrike rol in die natuur.

1)  Hulle vervaardig die suurstof wat ons so nodig het.
2)  Hulle veroorsaak koelte vir mens en dier. 
3)  Hulle voorkom erosie deur hul wortel stelsel.
4)  Hulle skep `n veilige habitat vir voels en insekte. 
5)  Hulle dien as windbrekers in ons stede. 
6)  Hulle verskaf brandhout aan miljoene wat nie elektrieseteit het nie. 
7)  Hulle veroorsaak `n groen lushof in ons parke en strate. 
8)  En hulle verskaf skuiling aan voels, klein diertjies en insekte wanneer die veld elke jaar afgebrand word.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Omdat die ANC alles wat uitheems is haat, word die bome voor die voet uitgewis. Hulle verwerk of verkoop ook nie die hout nie, nee dit word eenvoudig by Munisipale stortings terreine weggegooi.

Die kaal stompe word ook nie verwyder nie omdat dit baie harde werk is, dus word dit net so gelaat of aan die brand gesteek.

Duisende bome word uitgeroei maar ek het nog nie een keer gesien dat hulle `n enkele boom plant nie. Bome van meer as `n honderd jaar is langs ons strate vir almal om hierdie verwoesting te sien.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Inheemse bome het baie inheemse vyande en daarom is hulle so onsuksesvol om op groot skaal oral te groei. Veral op die koue vlaktes van die hoeveld is dit nodig om bladwisselende bome te he en daarom is uitheemse bome so noodsaaklik.

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

Die ANC se beleid teen uitheemse spesies moet stop gesit word. Hulle het die land in 1994 as `n skoon, ontwikkelde land op `n skinkbord ontvang maar is besig om net soos die res van Afrika alles af te brand en te vernietig sodat mens net ook kan sÍ "Suid-Afrika Adio"!!!!!!



2005/10/25

:

 

 

Artikels Argief