Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

DIT IS VERSKRIKLIK WREED

Ek sien dit nou elke week by huise in die stad (voorstede), kleinhoewes en plase, by hospitale: privaat en Provinsiaal. Die frekwensie is beslis aan die styg en brutaliteit raak al hoe erger.

Om en by tagtig persent is swart mense wat aangeval word en ook hierdeur moet gaan. Kriminele teiken enige mens en huis, selfs net om 'n selfoon te roof. Ons raak nou gatvol vir hierdie geweldsmisdade en gaan nou self die problem kleiner maak!! .......hierdie is net die punt van die ysberg.

Die laaste twee weke; 3 moorde, nege geweldadige aanvale (3 mense ernstig, 3 mense baie ernstig maar stabiel, 3 mense kritiek, 2 stabiel en 1 veg vir sy lewe elke uur vir drie dae reeds) Die aanvalle is deur verskillende groepe kriminele gedoen.

Die foto's van hierdie aanval is een van ses gevalle die afgelope week (waarvan ek in kennis gestel was of op toneel was) en die res van die publiek dra geen kennis hiervan nie. Nie eers die gemeenskap waar dit plaas gevind het nie.

Nie die polisie of enige instansie stel julle in kennis van hierdie sake en kriminele dade nie. Dit haal nie eers die koerante of nuus nie. As dit nie jou familie is nie, weet jy nie daarvan nie!

Wees asb versigtig!! ...word meer paraat - woon lesings en klasse by, lees boeke en literatuur, wat vir julle enige inligting en mondering kan verskaf om meer paraat te wees en julle meer op julle hoede sal plaas. 'n Mens kan hierdie aanvalle afweer met net 'n bietjie kennis en parate voorsorg!!..... elke dag!!!

Sien foto's - Dis wat barbaarse kriminele doen met Oumense wat hulle op plase aanrand en vermoor word!! Sy is 77jaar oud en woon alleen. (Pleknaam weerhou agv ondersoek)

Sy moes op `n stadium van die dag buite gewees het en in daardie tyd het hy ingegaan en gewag tot laat die nag en haar aangerand.

Motief - onbekend, roof op die stadium - slegs 3 bottels shampoo, selfoon en die mes waarmee hy haar gesny het.

Blykbaar was daar net een aanvaller - wat ek nie glo nie! - Hulle is nooit alleen nie!

Het Vrydag nag gebeur. Sy is stabiel maar ernstig - Hy wou haar vingers met die broodmes afsny, regterarm het arteriele bloed toevoer verloor vir ongeveer ses ure, nekrale weefsel begin sigbaar raak - prognose vir die behoud van arm is goed - Dit is nog nie bekend of sy verkraq was nie.

Stuur asb aan mense wat in die donder leef oor hierdie sake en glo dat alles OK is daar buite!!... sodra dit net nie met my gebeur nie!!

 

Coen Vermaak

 

.

 

 

 

 

 

Artikels Argief