Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

16 Desember 2006 - Stigtings Vergadering

Geagte Vriend en Volksgenoot

Op die 16de Desember 2006 gaan die Boerestaat Party `n Stigtings Vergadering hou met die doel om as `n Politieke Party te registreer.

Die Verkiesings Wet vereis dat so `n vergadering gehou word asook om in die Staats Koerant te adverteer dat `n Party so `n voorneming het.

Ons wil op die 2de Januarie 2007 ons aansoek indien by die VERKIESINGS KOMMISSIE en daarom is de 16de Desember 2006 gekies om die vergadering te hou.

Die saal is nie baie groot nie en mense wat dit wil bywoon moet baie gou hul vorm terugstuur om die plekbespreking te bevestig.

 

Daarom stuur ek vir u hierdie uitnodiging om die STIGTINGS VERGADERING van die Boerestaat Party van S.A. by te woon en `n ondertekenaar te word van die STIGTINGS DOKUMENT.

 

 

Die vergadering gaan nie `n debat oor die saak wees nie.

Indien u sou besluit om die vergadering by te woon sal ek aanneem dat dit u goedkeuring wegdra.

 

Terloops wil ek u meedeel dat die Kommunistiese Party ook hierdie roete gaan volg vir dieselfde redes.

 

Daar is ook nie `n noodsaaklikheid om dadelik aan die volgende verkiesings deel te neem nie maar ons skep `n platform vir mense wat soos ons dink, om wel hulself beskikbaar te stel vir verkiesing en ons Volk se saak te verdedig.

 

Die uitnodigings vorm moet so gou as moontlik teruggestuur word sodat ons finale relings kan tref.

 

 

Datum van vergadering               16 Desember 2006

Tyd van vergadering                   9.30 vir 10.00 vm

Plek van vergadering                  Poortview Lodge

No. 18 Malcolm Straat

Roodepoort

 

Hoeveel volwassenis _______________________

Hoeveel kinders __________________________

 

Etes is gratis

Kroeg  fasiliteite sal van 5.00nm beskikbaar wees.

Die program sal later aan u beskikbaar gestel word.

Faks:011-762-3842

Per E Pos. info@boerestaatparty.co.za

Telefonies Nellie 011-762-3587 / 083*419*7885

 

 

Coen Vermaak

Leier van die Boerestaat Party van S.A

2006/11/26

 

Artikels Argief