Hoofblad
Robert van Tonder
Algemeen
Te Koop
Geskiedenis
Artikels Argief
Inligtingstukke
Doodsberigte
Projekte
Persverklarings
Program van Beginsels
VIGS
Aborsies
B.A.B.A
Moorde
Ombudsman
Bibliografie
Media
Kontak Ons
Geboorte Polis
Foto's
Videos
Web Skakels

 Persverklaring - 12 Februarie 2014

Die Anglo Boere-oorlog

 

Eers kan mens jou eie ore nie glo nie maar dan dring dit stadig tot n mens deur. 

Hier kom hierdie Liberale.... wat sal ons hulle noem?. Geldmag, Engelse ANC regering? en hulle gaan trap in die siel van ons Boerevolk.

Ja, hulle is nie tevrede om ons kinders, ander volke se geskiedenis te leer nie.

Net soos ons kinders van die Jode se geskiedenis moes leer, leer hulle nou ook van die ANC se geskiedenis.

Maar van ons eie heldhaftige, roemryke, eie geskiedenis, daarvan leer ons kinders niks.

Dit laat my dink hoe Verwoerd met ons koppe gesmokkel het om ons Afrikaners, Suid-Afrikaners te gemaak het in 1961.

Hy het dit gedoen sodat daar van die Engelse ook vir n Republiek moes stem.

Nou word daar weereens met ons geskiedenis gepeuter deur die Boere-Oorlog as die Suid-Afrikaanse oorlog te beskryf.

Hoe laag kan ons vyande daal?

Hoe moet hulle ons nie haat nie?

Vir hul haat gee ek nie om nie.

Hulle het my Volk n honderd jaar gelede vernietig en in werklikheid kan hulle geen groter skade aanrig as wat hulle alreeds aangerig het nie.

Hierdie hanskakies wil voorgee dat hul swart meelopers ook nou eweskielik onder die Engelse gely het.

Wat die waarheid is, is dat die swart mense met vrymoedigheid hulself aan die Engelse kant geskaar het en die Boere-wonings geplunder en die vroue verkrag het.

Dit is n onreg wat skree ten hemele om ons monumente te bevuil, met ander volke se ideologie en leuens.

Ons verwerp met minagting die swart regering se aanspraak dat hulle ook in ons geskiedenis deel.

Terselfdertyd verwerp ons die geskiedenis wat nou op skool aan ons kinders opgedis word.

Ons plaas nou fotos op ons webtuiste wat nie kan lieg soos hierdie samesweerders van die Engelse en ANC kaders nie. 

 

Leier van die Boerestaat Party

Coen Vermaak

 

SWART SOLDATE EN BOODSKAPPERS

    

         

          

      

 

KONSENTRASIEKAMPE

         

          

           

 

GEVEGTE IN DIE VELD

   

   

 

GENERALE

  

   

 

Artikels Argief